ANONIEM - Sarie Marais
    My Sarie Marais is so ver van my hart,
    
      
    Maar 'k hoop om haar weer te sien.
    
      
    Sy het in die wyk van die 
    
      Mooirivier
    
     gewoon,
    
      
    Nog voor die oorlog het begin.
  
O bring my t'rug na die ou Transvaal ,
Daar waar my Sarie woon.
Daar onder in die mielies
By die groen doringboom,
Daar woon my Sarie Marais.
Daar onder in die mielies
By die groen doringboom,
Daar woon my Sarie Marais.
    Ek was so bang dat die 
    
      Kakies
    
     my sou vang
    
      
    En ver oor die see wegstuur;
    
      
    Toe vlug ek na die kant van die 
    
      Upington
    
     se sand
    
      
    Daar onder langs die 
    
      Grootrivier
    
    .
  
O bring my t’rug ….. .
    Die Kakies is mos net soos 'n 
    
      krokodillepes
    
    ,
    
      
    Hulle sleep jou altyd water toe;
    
      
    Hul gooi jou op n skip vir 'n lange, lange trip,
    
      
    Die josie weet waarnatoe.
  
O bring my t'rug…..
    Verlossing het bekom en die huis terugkeer was daar,
    
      
    Terug na die ou Transvaal;
    
      
    My lieflingspersoon sal er vas en zeker wees
    
      
    Om my met 'n kus te beloon.
  
O bring my t'rug…..