| 
            LANGENHOVEN, C.J.
            
               | 
| Uit die diepte van ons see, | 
| Oor ons ewige gebergtes | 
| Waar die kranse antwoord gee. | 
| Deur ons vêr verlate vlaktes | 
| Met die kreun van ossewa. | 
| Ruis die stem van ons geliefde, | 
| Van ons land Suid-Afrika. | 
| Ons sal antwoord op jou roepstem, | 
| Ons sal offer wat jy vra: | 
| Ons sal lewe, ons sal sterwe, | 
| 
            Ons vir jou, Suid-Afrika.
            
               | 
| Op U Almag vas vertrouend | 
| het ons vadere gebou: | 
| Skenk ook ons die krag, o Here! | 
| Om te handhaaf en te hou. | 
| Dat die erwe van ons vadere | 
| Vir ons kinders erwe bly: | 
| Knegte van die Allerhoogste, | 
| Teen die hele wêreld vry. | 
| Soos ons vadere vertrou het, | 
| Leer ook ons vertrou, o Heer: | 
| Met ons land en met ons nasie | 
| Sal dit wel wees, God regeer. |